Kansvatter. Die rustelose lewe van Ben Viljoen by Carel van der Merwe (Afrikaans edition)
Inscribed, Signed and dated by the author Carel van der Merwe.
Kansvatter. Die rustelose lewe van Ben Viljoen by Carel van der Merwe (Afrikaans edition)
Softcover: ISBN 9781485310563
Used: Protea Publishers: 2019
Used – Near Fine. This book is in a mint condition. The picture laminated cover has some very limited signs of wear and the pages are clean, intact and the spine remains undamaged. This book has clearly been well maintained and looked after thus far. Money back guarantee if you are not satisfied.
Ben Viljoen (1868-1917) was 'n prominente jonger generaal in die Anglo-Boereoorlog, maar ná die oorlog is hy nie opgeneem in die nuwe politieke elite van die Afrikaners nie. Nadat hy die eed van getrouheid op St. Helena onderteken het, het hy nooit weer permanent na Suid-Afrika teruggekeer nie.
Carel van der Merwe het besluit om Viljoen se spore te volg na Brittanje, Nederland, Mexiko en Amerika en te gaan uitvind hoe dit gebeur het dat dié Boereoorloggeneraal burgerskap van vier verskillende lande gehad het, die ster was van 'n Boereoorlogskouspel, aan 'n Mexikaanse revolusie deelgeneem het, as vredeskommissaris tussen die Yaqui-Indiane opgetree het en voor sy dood op die punt was om 'n film in Hollywood te vervaardig.
'n Prentjie van 'n komplekse persoonlikheid kom na vore wat herinner aan 'n deel van die huidige generasie Afrikaners - minder godvresend, gemaklik in verskillende kulture, en bereid om te emigreer wanneer hulle dink dit tot hul voordeel is.