Die Engelse Oorlog 1899-1902. Die gevegsmetodes waarmee die Boere-republieke verower is by Gronum, Mattheus Adriaan
Die Engelse Oorlog 1899-1902. Die gevegsmetodes waarmee die Boere-republieke verower is by Gronum, Mattheus Adriaan (Afrikaans edition)
Hardcover, ISBN 9780624000075
Publisher: Tafelberg, 1972 first edition.
Condition: Very Good+. This book is in very good condition. The DJ has some limited signs of edge wear but the pages are clean, intact and the spine remains undamaged. This book has clearly been well maintained and looked after thus far. The book is protected with a Cellophane cover.
Die Engelse Oorlog 1899-1902 – M. A. Gronum
M. A. Gronum benader die Vryheidstryd van 1899-1902 uit ‘n heel onge-wone hoek. Hy stel hom dit nI. ten doel om stelselmatig die Britse offensief teen die Boere-republieke in sy verskillende stadia duidelik uiteen te sit.
Aanvanklik was daar, wat die Britse magte betref, geen sinvolle offensief nie. Hierdie gebrek — die gevolg van selfoorskatting en onbekendheid met die Boeremagte se gevegsvermoë — het gelei tot die byna dramatiese toepassing van gevegsmetodes ongekend in militêre geskiedenis. Die skrywer maak oordeelkundige gebruik van aanhalings om die „toon” van dokumente aan te dui en gebruik skriftelike en mondelinge verslae om ‘n indruk van die gees van die tyd by die leser tuis te bring.
Uit die bibliografie is dit duidelik dat mnr. Gronum van die gesaghebbendste werke oor dié tydperk in die geskiedenis geraadpleeg het. Hierdie oorweldigende hoeveelheid materiaal het hy met soveel omsigtigheid gesif dat hy die Britse gevegsmetodes met die nodige gebalanseerdheid van oordeel kon ontleed. Die manuskrip is deur ‘n bekende geskiedkundige met geesdrif aanbeveel vir publikasie.
Oor die baie besondere vorm waarin die skrywer die feite gegiet het, sê hy : „(Dis) ‘n vorm wat my as historikus erg jaloers gemaak het.” Die boek bied die hele verloop van die Engelse Oorlog in een band aan en M. A. Gronum lewer ‘n werk wat selfs aan bekende feite oor die Anglo-Boereoorlog nuwe inhoud en betekenis gee.