Vyf dae: Oorlogskrisis van 1939 : 'n Spanningsverhaal uit SA se Geskiedenis (Afrikaans Edition) by At van Wyk
Vyf dae: Oorlogskrisis van 1939 : 'n Spanningsverhaal uit SA se Geskiedenis (Afrikaans Edition) by At van Wyk
Hardcover, ISBN 9780624021957
Publisher: Tafelberg, 1985
Used - Very Good+. This book is in an excellent condition. The cover have some very slight signs of wear and the pages are clean, intact and the spine remains undamaged. This book has clearly been well maintained and looked after thus far. The book is protected with a Cellophane cover.
Oorlog of vrede? ‘n Vyfdaagse politieke drama het dié vraag in 1939 vir Suid-Afrika beslis. Dit was vyf dae van onsekerheid, intrige, plannemakery, koppetellery – ‘n politieke spanningsverhaal waarvan al die geheime selfs vandag nog nie opgeklaar is nie.
Die hooffigure:
* Die 73-jarige Eerste Minister, genl. J. B.M. Hertzog, reeds vyftien jaar aan die bewind.
* Sy 69-jarige Adjunk-premier en vroeëre politieke vyand, genl. J.C. Smuts.
* Die leier van die Opposisie, dr. D. F. Malan, Hertzog se eertydse bondgenoot, maar nou al jare lank sy groot teen-stander.
* Die staatshoof, sir Patrick Duncan, Goewerneur-generaal van die Unie van Suid-Afrika, die man wat ‘n groot besluit moet neem.
Die klimaks:
Hertzog word in die Volksraad met dertien stemme verslaan. Sy party skeur uiteen. Sy ideale vir die land word verpletter. Smuts neem die bewind oor en word Suid-Afrika se oorlogsleier. Maar die politiek word in ‘n koers gestuur wat minder as nege jaar later sal lei tot die val van Smuts en ‘n oorwinning vir Malan. Intensiewe geskiedenis-speurwerk het die skrywer in staat gestel om hierdie drama vir die leser te laat herlewe soos dit in daardie eerste Septemberdae van 1939 dag vir dag, uur vir uur afgespeel is.