Voortrekker Mense - Ons Geskiedenis Serie by Preller, Gustav S (Dr.)
Voortrekker Mense - Ons Geskiedenis Serie by Preller, Gustav S (Dr.)
Hardcover
Publisher: Nasionale Pers, Beperk, 1938 First edition.
Used - Very Good+. This book is beautifully preserved.
Pictorial Boards, Afrikaans text.
Volume VI in die-Ons Geskiedenis Serie. 'n Versameling Oorspronklike Dokumente uit die Voortrekker-mense 1838-1852.
Stamp mark from previous owner on the first page. The boards are in very good condition considering the age of the book. There is minor foxing, the text within book remains clear and bright.
Cape Town: Nasionale Pers, 1938 Volume VI in the Ons Geskiedenis Serie. 'n Versameling Oorspronklike Dokumente uit die Voortrekker-mense 1838-1852.
Vooraf:
Aangesien ons argiefwese nou ook daartoe oorgegaan het om bronne uit die staatsargiewe openbaar te maak - iets wat allerweë verwelkom sal word het ek my in hierdie versameling bepaal tot stukke wat nie in ons argiewe voorkom nie, d.w.s. behoudens 'n paar aanvullende briewe uit die amptelike dokumenteversamelinge van Pietermaritzburg en Bloemfontein, en 'n klein groepie briewe uit die D'Urban versameling in die Suid-Afrikaanse Openbare Biblioteek te Kaapstad. Die ander stukke neem ek oor uit ons oudste koeranteleggers, en veral uit dié van De Zuid-Afrikaan, Kaapstad, wat behoort het aan Ons Land. Uit die tyd van die Voortrek het genoemde blad 'n groot menigte van waardevolle stukke openbaargemaak, wat ek as bronne nie minder waardevol beskou as b.v. die kopieë in ons argiewe nie. Weliswaar moet van die koerantpublikasies erken word dat die meeste briewe en dergelike stukke, wat deur die editoriale hand gegaan het - honderd jaar gelede reeds! - nie altoos ontsnap het aan die Afrikaanse koerantemanie tot taal-,verbetering" nie. Ek vind egter dat die sin van so 'n brief gedurende die dertig-, veertigerjare beter daar afgekom het as vandag die geval is. Hierdie reeks verskaf 'n belangwekkende blik op gebeur tenisse soos b.v. die slag aan Bloedrivier, waarvan a.s. jaar die eeufees gevier word.