Volksverraad ~ Die Geskiedenis Agter Die Geskiedenis en Volkshoop beide deur Pretorius, Adv. P.J. - Gewese lid van Nasionale Intelligensie
Rare to be offered as a set.
2 Books
- Volksverraad ~ Die Geskiedenis Agter Die Geskiedenis en
- Volkshoop
beide deur Pretorius, Adv. P.J. - Gewese lid van Nasionale Intelligensie (Afrikaans editions)
Book 1
Volksverraad ~ Die Geskiedenis Agter Die Geskiedenis deur Pretorius, Adv. P.J. - Gewese lid van Nasionale Intelligensie
Sagteband
Uitgewer: Libanon, 1996
Reeds sedert die dae van die Voortrekkers hunker die Afrikaner na ‘n eie tuiste, maar negatiewe kragte het hierdie strewe ondermyn deur die kern van die volk, ter wille van ‘n sogenaamde wêreldvrede, te verbrokkel. Hierdie kragte opereer egter nie openlik nie. Hulle volg al jare lank geheime agendas. Hulle lieg en bedrieg. Hulle het geen respek vir die waarheid nie, en het die Afrikaner se blinde geloof in sy leiers so genadeloos uitgebuit dat die volk hom vandag op sy knieë bevind.
Die skrywer, ‘n gewese geheime-agent, rig dan ook ‘n persoonlike waarskuwing tot die leser:
“Voordat ons u toelaat om hierdie dokument te lees, wil ons u eers waarsku dat dit ‘n dokument is met ‘n ingrypende inhoud wat skokkend kan wees. Die konstitusionele ontwikkeling van die Republiek is nie een van waarheid nie , maar een van afskuwelike leuens. Gekenmerk deur korrupsie, subversie en hebsug van bepaalde persone wat hulleself Afrikaners noem en wat daarop roem om ons hoogeplaastes te wees. Moord en verraad was hoog op hulle agendas en is herhaaldelik gepleeg.
“Dit was nie ‘n maklike taak om hierdie dokument te skryf nie. Verskeie insette oor die verloop van ‘n paar jaar is verwerk. Die waarheid is somtyds agter die waarheid. Dit is nie die taak van die intelligensiediens om die man voor die hof te bring nie, maar wel die van die polisie. Intelligensie gaan gepaard met die beskerming van bronne. Die polisie is welkom om ie feite wat hierin vervat is te ondersoek met die oog op kriminele aanklagte teen die vermeldes. Ons bronne word egter beskerm. Die Waarheid, in soverre dit gebeure betref, moet nogtans uit. Wees dus gewaarsku oor die inhoud van hierdie dokument.”
Book 2
Volkshoop deur Pretorius, Adv. P.J. - Gewese lid van Nasionale Intelligensie
Sagteband, ISBN 0958408084
Uitgewer: Libanon, 1996
U het reeds kennis gemaak met Volksverraad deur advokaat P J Pretorius. Daarin is die verraad dwarsdeur die geskiedenis teen die Boerevolk oopgevlek en het die skokkende en ontstellende onthullings daarin die volk moedeloos en met 'n gevoel van reddeloosheid gelaat.
Lees nou Volkshoop waarin dieselfde skrywer vir die Boerevolk sy pad vorentoe deur die moeilike donker tyd wat voorlê, aandui. Daar kom gevaarlike, angswekkende dae waarin baie sal wanhoop. Dis egter nog nie die einde van die Boerevolk nie, dis maar net die begin. Geeneen van die vyande van hierdie klein volk wat so koppig aan hulle beginsel van apartheid en vryheid bly vasklou, sal hulle onderkry nie. Die Boerevolk is onvernietigbaar en met hierdie boek van advokaat Pretorius is die boodskap steeds daar: Staan vas, glo in God en oorwin!
"Dis 'n boek wat die Afrikaner-gelowige tot besinnig sal ruk en na die ware God sal laat terugkeer op hul knieë met belydenis van afgodsverering (geld, sport, ens.) valse Jesus-aanbidding, dobbel-luste en plesier en 'n slaap, slaap, SLAAP rustig-gees." Uit die keurdersverslag.
Condition: Very good +. The original pictorial laminated boards are very slightly shelf rubbed. Both the Books pages are clean, intact and the spine remains undamaged. This books have clearly been well maintained and looked after thus far.