Vir 'n "Blanke Volk": Die verhaal van die Duitse weeskinders van 1948 (Afrikaans Edition) by Van Der Merwe, D. W

  • R380.00
    Unit price per 
Shipping calculated at checkout.


Vir 'n "Blanke Volk": Die verhaal van die Duitse weeskinders van 1948 (Afrikaans Edition) by Van Der Merwe, D. W

Publisher: Perskor, 1988 First Edition.
ISBN 0628032897
Used - Very Good+. This book is in an excellent condition. The DJ has some very slight signs of wear and the pages are clean, intact and the spine remains perfect. This book has clearly been well maintained and looked after thus far. The book is protected with a Cellophane cover.

Vir ‘n Blanke Volk – Werner van der Merwe
Die verhaal van die Duitse Weeskinders van 1948

Die koms van die Duitse weeskinders na Suid-Afrika het destyds die verbeelding van menige mens aangegryp. Belangstelling is in die jare daarna voortdurend wakker gehou deur personderhoude, radio-hoorbeelde en byeenkomste. Ook deur die feit dat die komitee van beskermhere byna twintig jaar lank nog bedrywig was in diens van hierdie kinders.

VIR ‘N BLANKE VOLK werp lig op die redes wat aanleiding gegee het tot die koms van die kinders en die deursettingsvermoë van hulle wat geglo het aan die uitvoering van ‘n selfopgelegde taak. Maar dit handel ook met drome en ideale wat nooit verwesenlik is nie. Dit is die verhaal van kinders wat die hoop op ‘n nuwe lewe gekry het, maar ook van volwassenes wat terugverlang het na hul herkoms.

Dit is ‘n kosbare familie-album vir die Duitse weeskinders van 1948 en hul nageslag; ‘n waardevolle naslaanwerk vir die geskiedenisstudent en bowe alles, ‘n menslike verhaal van ouers en hul kinders. Vir almal wat dit lees, bied dit ‘n nuwe perspektief op ons land en sy toekoms. Dit dring ons nie net om terug te kyk nie, maar ook vooruit na ” ‘n nuwe Suid-Afrika waarin ras en kleur nie die oorheersende rol speel nie”.


We Also Recommend

Shipping Address

Shipping Address

X