Die Voortrekkers in Natal by E G Jansen

  • R320.00
    Unit price per 
Shipping calculated at checkout.


Die Voortrekkers in Natal by E G Jansen

Hardcover
Publisher: Nasionale Pers, Beperk, 1938 first edition.

Condition: Very Good+. This book is in very good condition. The DJ is a photo copy from an original DJ and enhance the overall condition of the book tremendously. This book has clearly been well maintained and looked after thus far. The book is protected with a Cellophane cover.

Previous owner's name neatly inserted on first page.

A short overview of the events leading to the establishment of the Republic of Natalia, as well as the struggle to remain independent of British influence. Afrikaans text.

Hierdie opstelle is in die eerste plaas geskryf om vir myself duidelikheid te kry oor die sake wat daarin behandel word. Ek maak geen aanspraak daarop dat my gegewens en gevolgtrekkings onfeilhaar is nie, maar ek voel nietemin dat baie dinge in verband met die Trek in Natal, waarvan ek vroea-‘n baie vae idee gehad het, nou vir my baie duideliker is.

Die gedagte het toe hy my opgekom dat dit miskien baie Afrikaners wat in ons geskiedenis belangstel ook tot hulp sou wees as hulle die opstelle kon lees. So het die idee van publikasie ontstaan. Met waardering moet genoem word die raad en wenke van mnr. J. M. H. Viljoen, redakteur van Die Huisgenoot, in watter blad daar reeds van die opstelle verskyn het, en die bereidwilligheid van mnr. H. J. Otto, bestuurder van die Nasionale Pers, om die publikasie te onderneem.

Ook moet mnr. Venter en ander lede van die personeel van die Argief in Kaapstad bedank word vir die moeite wat hulle gedoen het om Gideon Joubert se verslae aan my beskikbaar te stel. Ek het die deur van die skatkamers van ons argiewe maar net so effentjies oopgemaak om daarin te loer en was verbaas om te sien watter skatte daar nog onaangeroer lê.

Dit behoort nie moeilik vir die deskundige navorser te wees om nog baie waardevolle gegewens in verband met die Voortrekkers in ons argiewe te kry sonder om te diep te delwe nie. Enige informasie wat sou kan lei tot aanvulling of verbetering van wat in hierdie opstelle voorkom, sal hartlik verwelkom word.


We Also Recommend

Shipping Address

Shipping Address

X