Die Boere-offisiere van die Tweede Vryheidsoorlog, 1899-1902 (Afrikaans Edition) by Malan, Jacques

  • R1,450.00
    Unit price per 
Shipping calculated at checkout.


A first edition of this highly collectible book.

Die Boere-offisiere van die Tweede Vryheidsoorlog, 1899-1902 (Afrikaans Edition) by Malan, Jacques

Hardcover
ISBN 9780799313727 / 0799313726
Publisher: J P van der Walt, Pretoria , 1990 first edition.

Condition: Very Good. This book is in very good condition. The DJ has some edge and spine wear.

The pictorial laminated boards and the pages of this special book is clean, clear, intact and the spine remains in a very good condition.The book is protected with a Cellophane cover.

"‘n Monografie van die Nasionale Kultuurhistoriese Museum, Pretoria.

JACQUES MALAN laat in hierdie werk die kalklig val op die offisiere wat aan Boerekant geveg het. Hy het hom ten doel gestel om die offisiere in die burgermag, artillerie en vrywilligerkorps in die ZAR sowel as die Oranje-Vrystaat, te identifiseer en beelte-nisse van hulle, hetsy foto’s of sketse, te vind.

Meer as 730 offisiere word in hierdie boek opgeteken: 83 generaals, 323 kommandante, 147 veldkornette, 10 kolonels en 10 majoors, 67 kapteins en 94 luitenante. Oor feitlik elkeen word daar iets vermeld en van meer as 500 word foto’s of sketse geplaas. Die boek bevat ook ‘n bylaag oor die belangrikste veldslae en skermutselinge; al die oorloë waarin die twee republieke tussen 1854 en 1902 betrokke was; die offisiere wat die vredesooreenkoms geteken het, en die offisiere wat na 1907 tot die politiek toegetree het.

Afgesien van hul militêre prestasies, het sommige offisiere ‘n onvergeetlike rol in Suid-Afrika se politieke geskiedenis gespeel, terwyl ander legendariese helde geword het. Die meeste van hulle sou egter vergete figure gehly het as hul nagedagtenis nie in hierdie werk verewig is nie.

Hierdie boek is nie die eerste om die Boere-offisiere, wat vanselfsprekend nie-Afrikaners insluit wat aan die Boerekant geveg het, te identifiseer nie. In 1904 het De Volksstem die boek Onze Krijgs-Officieren uitgegee. Slegs ‘n honderdtal Transvaalse offisiere word egter behandel en in die voorwoord van die publikasie verwys F.W. Engelenburg cn G.S. Preller na een generaal en sewentien kommandante wal weggelaat is. “Mogelik zal,” het hulle die wens uitgespreek, “wanneer dit werk zal worden voortgezet en een volgend Album zal gewijd worden aan de overige Officieren, dit gemis worden hersteld.”

In die tweede voorwoord is genl. Louis Botha dit met hulle eens: “Moge aan dit boek de gunstige ontvangst ten deel vallen, waarop het alle aanspraak heeft, zodat de samenstellers aange-moedigd zullen worden hun arbeid voort te zetten en mettertijd een tweede Album te vervaardigen van alle Veldkornetten en overige Krijgs-officieren.”

Die skrywer het na jare aan hierdie behoefte voldoen en het met die uitsondering van die veldkornette bykans 550 offisiere geidentifiseer – hy het volstaan met 150 foto’s en/of inligting oor die veldkornette.


We Also Recommend

Shipping Address

Shipping Address

X