DF Malan en die opkoms van Afrikaner-Nasionalisme by Koorts, Lindie

  • R300.00
    Unit price per 
Shipping calculated at checkout.


DF Malan en die opkoms van Afrikaner-Nasionalisme by Koorts, Lindie

ISBN is 9780624055853 / 062405585X

Publisher: Tafelberg Publishers Ltd, 2014

Edition: Softcover in a very good condition.

Language: Afrikaans.

In 1948 het die NG dominee D.F. Malan die Nasionale Party tot politieke oorwinning gelei. Vir die meeste Afrikaners was dit die verwesenliking van 'n jare lange droom. Om Malan as mens te verstaan, is om te verstaan hoe die Afrikaners hulself uit die as van die Anglo-Boereoorlog in 'n nasie omskep het.

Strakke swart-en-wit foto’s van NP-leiers soos Malan en sy opvolgers simboliseer vandag ’n stelsel van rasse-diskriminasie wat swart Suid-Afrikaners verneder en onderdruk het. 

Tog, toe Malan op sy sterwensbed gevra is wat die belangrikste diens was wat hy in sy politieke loopbaan gelewer het, het hy geantwoord: “dat ek my volk kon dien, dat ek my mense kon verenig”.

Die biografie probeer om lig te werp op dié teenstrydigheid – hoe kon ’n man wat opreg daarna gestrewe het om sy volk te verenig en te beskerm ook bygedra het tot ’n politieke bestel waarvan ons vandag steeds die gevolge dra?

Die boek stel die leser bekend aan Malan die mens: die skaam, leesgierige jong seun, die afgetrokke intellektueel wat een keer by die huis uit is nog met sy pantoffels aan, die onseker vryer en die denker wat ure geneem het om toesprake vir kerkdienste en later politieke toesprake voor te berei.

Dit is ’n biografie van ’n man, maar terselfdertyd ook van ’n volk. Malan se persoonlike en politieke lewe vind plaas teen die opkoms van Afrikaner-nasionalisme in die nadraai van die Anglo-Boereoorlog. Dié groeiende beweging moedig hom aan om die kerk te verlaat om redakteur van Die Burger en provinsiale leier van die Nasional Party te word.

Die boek ontbloot ook al die binnegevegte en politiekery wat die nasionale Afrikaner-politiek in sy eerste jare gekenmerk het.


We Also Recommend

Shipping Address

Shipping Address

X