Die Moreboom - Engela van Rooyen (Afrikaans)
Die Moreboom - Engela van Rooyen (Afrikaans)
Tafelberg Uitgewers
Eerste uitgawe eerste druk 1990
Sagteband in puik toestand
ISBN 0624029913
Partykeer droom hy hoe hy ’n groot diamant optel, en dan laat hy ’n houtraam huis bou en nooi die Langjanne om saam met hulle daar te woon. Maar eers nadat hy vir Ou boet ’n kitaar gekoop het. En as dit rêrig ’n gróót diamant is, dink Ben, is daar geen twyfel nie: dan koop hy vir Va ’n plaas, groter nog as Tweefontein.
Maar toe tref hulle die klipbank in die kleim, en hy moet by Schonland gaan bedel vir werk. Dit was erg genoeg om van sonop tot sononder in die brandende son en die stof te swoeg in oom Langjan en Va se kleim. Maar om dit vir ’n ander man te moet doen, is hartbreek werk.
En Lötter, Schonland se voorman, hou vir hom en Tommie soos ’n valk dop — hulle durf nie ’n oomblik laat slap lê nie. As dit nie vir Tommie se grappies en rympies en sy glimlag was nie, weet Ben nie of hy sou kon volhou nie.
Maar die lewe loop soms snaakse draaie, soos Ben daardie Saterdagmiddag ontdek toe hy moes help gruis wegry. En skielik is ’n man dan ook nie meer so seker wat om te doen en vir wie om te vertrou nie.
Saam met Ben ontdek die leser uiteindelik dat mense nie almal is soos jy miskien dink nie — van Fransiën wat so wegkruip in haar kappie tot Lötter met sy snaakse skeel kyk.