Swerfkind van die Matabele by Lyndall Loots

  • R180.00
    Unit price per 
Shipping calculated at checkout.


Swerfkind van die Matabele by Lyndall Loots

Die Voortrekker beweging, die Matabelevolk, en die verrasende skakel in die ketting van hul geskiedenis.

Hardcover, John Malherbe, 1983

ISBN: 0869661868

Used – Near Fine. This book is in mint condition. The Dust Jacket has some very limited signs of wear and the pages are clean, intact and the spine remains undamaged. This book has clearly been well maintained and looked after thus far. The book is protected with a Cellophane cover.

Swerfkind van die Matabele is die verhaal van Sara, die klein Voortrekkermeisie wat na bewering in 1836 deur die Matabele gevange geneem is tydens ‘n aanval op ‘n laer aan die wal van die Vaalrivier.

Die boek begin met haar jong dae as Boerkind, die oorsake van die Groot Trek, die vertrek van die Cilliers-geselskap en hul trek noordwaarts deur die Vrystaat. Die tweede gedeelte handel oor die geskiedenis van die Matabelevolk en die opkoms van die Moselikatse.

Na die botsing aan die Vaalrivier en haar ontvoering, woon Sara onder die Matabele en na die Boere-aanvalle in 1837 maak sy die vlug na Zimbabwe mee.

Op pad vind sy die vierjarige Lobengula en sorg sy vir die toekomstige koning van die stam. Na hulle ‘n tuiste in Zimbabwe gevind het, word sy en haar pleegkind verplig om weer eens te vlug, die keer van die toorn van die koning en sy hoofvrou en vind ‘n heenkome by die Makalanga hoëpiresters in die Matopos totdat Lobengula uiteindelike na sy stam terugkeer en Sara se taak dan afgehandel is.


We Also Recommend

Shipping Address

Shipping Address

X