Hallo Charles - Spiekeries gesels - Gerhard Viviers (Afrikaans)
Hallo Charles - Spiekeries gesels - Gerhard Viviers (Afrikaans)
Toestand: Goed
Formaat: Sagteband
Bladsye: 129
Uitgegee: 1997 - Van Schaik Uitgewers
ISBN: 9780627022715
‘n Goeie sportkommentator saai nie vir duisende luisteraars uit nie, maar vertel vir een besondere vriend wat op die veld gebeurs Hierdie raad het Gerhard Viviers, bekende Afrikaanse kommentator, van sy Engelse kollega Charles Fortune gekry en in die volgende 471 wedstryde met groot sukses toegepas.
Vandag is sy vriend nie meer daar nie en hyself kan nie meer soos voorheen praat nie. Hallo Charles is ‘n voortsetting van die gesprekke wat “Spiekeries” met sy befaamde kollega gevoer het, al kon Fortune ook nie Afrikaans verstaan nie. “In die dae voor die swaeltjies in my keel nesgemaak het en nadat hy aan my sulke goeie raad gegee het, het ek net met
hom in die gedagte gepraat. Daar is nog sovele dinge waaraan ek hom wil herinner of aan hom wil vertel. Ek kan dit mos maar in my ou praatstyl skryf en my verbeel dat hy dit kan lees.”
Hierdie gesprekke roep ‘n glorietyd in Suid-Afrikaanse rugby en krieket op. Gerhard Viviers stel onder meer sy ideale Springbokspan saam uit die beste spelers wat hy ooit in aksie gesien het, en maak die leser deel van die donker tye en groot oomblikke in Suid-Afrikaanse sport. Spiekeries stel jou voor aan verrassende fasette van bekende sportmanne, en maak jou deel van die span en die vriendekring. Geen luisteraar wat die wedstryde van sporthelde soos Frik du Preez, Dawie de Villiers, Mof Myburgh, Eddie Barlow, die Pollocks en ander gevolg het, kan die stem van Gerhard Viviers ooit vergeet.
In Hallo Charles “hoor” ‘n mens hom weer, maar hierdie keer met ‘n nuwe diepte.