PJ Nienaber - Kurator van ons Erfenis by Thariza Smit
Scarce
PJ Nienaber - Kurator van ons Erfenis by Thariza Smit
Hardcover: Folio Publishers: ISBN 0868160822
1985 First Edition
Very good Condition.DJ has some edge wear. Book protected with a Cellophane cover.
Prof. dr. Petrus Johannes Nienaber (distrik Fauresmith, Oranje-Vrystaat, 1 Oktober 1910 – Bloemfontein, 24 Mei 1995) was 'n Afrikaanse skrywer en een van Suid-Afrika se voorste letterkundiges. Hy skryf ook onder verskeie skuilname wat I.R. van Niekerk, Ryno de Villiers en Jac J. Rousseau insluit.
Van sy vernaamste werk is die boekstawing van ’n Bibliografie van Afrikaanse boeke en die Bronnegids by die studie van die Afrikaanse taal- en letterkunde, waarvan verskeie dele in beide reekse verskyn.
Hy lewer verskeie boeke oor die letterkunde. Sy Amsterdamse dissertasie word gepubliseer as Die Afrikaanse roman-tematologie, maar sy oorsigtelike behandeling van die vernaamste romantemas werp weinig lig op die ontwikkelingsgang van ons letterkunde. Sy vernaamste werk is oor die Eerste Taalbeweging en die beginjare van die Tweede Taalbeweging, oftewel die periodes 1875–1900 en 1902–1915. Enkele van sy werke hieroor is Ons eerste digters, Die opkoms van Afrikaans as kultuurtaal: 'n Oorsig van die geskiedenis van die Afrikaanse Beweging (saam met G.S. Nienaber), Die Genootskap van Regte Afrikaners, Mylpale in die geskiedenis van die Afrikaanse taal en letterkunde, Die wonder van Afrikaans, Ons Taalhelde, Dr. Arnoldus Pannevis: vader van die Afrikaanse taal. Eerste sooie is ’n keur uit sy eie artikels oor die vroeë Afrikaanse letterkunde en die taalstryd, wat in verskeie publikasies verskyn het, insluitende Die Brandwag, Tydskrif vir Letterkunde, Die Huisgenoot, Die Ruiter en Die Burger.
Verder skryf hy ook oor bewaringsonderwerpe, insluitende Vrystaatse argitektuur, Pioniershuise van die Vrystaat, Monumente en gedenktekens van die Vrystaat (saam met C.J. le Roux) en Boukunsskatte van die Vrystaat (saam met Karel Schoeman). Hy lewer verder ’n bydrae tot die Toponimie met die samestelling van Suid-Afrikaanse Pleknaamwoordeboek.