Boer-Seun Memoires van n Anglo-Boereoorlogseun by Chris Schoeman
Boer-Seun Memoires van n Anglo-Boereoorlogseun by Chris Schoeman.(Afrikaans text)
Hardcover, ISBN 9781770221437
Publisher: Zebra Press an imprint of Random House, 2010 First Edition.
Very Good+. The dust jacket is in fine condition. The boards are in fine condition. Internally the pages are clean and complete. Neat Gift Inscription on first page.Tightly bound and presented beautifully in cellophane.
Boerseun is die hartroerende ware verhaal van 'n tienjarige plaasseun se traumatiese maar fassinerende ervaringe gedurende die Anglo- Boereoorlog van 1899-1902. Wanneer die Engelse Charles du Preez en sy pa in hul skuilplek in die berge op hul Oos-Vrystaatse plaas opspoor, word die twee gevange geneem en in oop steenkooltrokke na Durban weggevoer. Van daar vertrek hulle op 'n angswekkende reis aan boord die SS Aurania na die krygsgevangenekampe Umballa en Solon in Indie, waar Charles die jongste inwoner is. In Suid-Afrika word Charles se ma en die ander kinders, wat gevange geneem is terwyl hulle tydens lord Kitchener se verwoestende "verskroeide aarde"-veldtog vir die Kakies gevlug het, in die berugte Winburgkonsentrasiekamp geinterneer. In Boerseun, wat gegrond is op Charles se herinneringe wat hy later in sy lewe op skrif gestel het asook op belangrike mondelinge en dokumentere bronne - onder meer 'n dagboek wat Charles se ma gedurende die oorlog gehou het - word die Du Preez-gesin se oorlogservaringe nagespoor. Dit loop uit op Charles en sy pa se repatriasie na Suid-Afrika, waar die gesin herenig word en terugkeer na hul plaas wat in puin le en waar hulle 'n nuwe begin moet maak. Hierdie boeiende, aangrypende en besonder insiggewende boek is 'n waardevolle toevoeging tot die geskiedenis van die Anglo-Boereoorlog.