Afrikaner Volkseenheid En My Ervarings Op Die Pad Daarheen by D. F. Malan
Very special.
This book formed part of the late Danie Hough's private library. See his gift inscription on the first page to his late Father. (Daniel "Danie" Hough (1937–2008) was a South African politician who served as the Administrator-General of South West Africa from September 4, 1980 to February 1, 1983 and as the Administrator of the Transvaal Province from June 1, 1988 to May 7, 1994.)
Afrikaner Volkseenheid En My Ervarings Op Die Pad Daarheen by D. F. Malan(Afrikaans text)
Hardcover
Publisher: Nasionale Boekhandel, 1959 First Edition.
Used - Very Good. This book is in very good condition and the covers are beautifully preserved and the condition of the pages are clean, intact and the spine remains undamaged. This book has clearly been well maintained and looked after thus far.
The DJ has some age related wear and small tears on the sides and spine with some paperloss and is now protected with a Cellophane cover.
Kaapstad, Bloemfontein, Johannesburg: Nasionale Boekhandel Bpk, 1959 Voorwoord deur H.B. Thom. Op Saterdag, 7 Februarie 1959, is dr. D. F. Malan heengegaan. Daarmee is 'n lewe van diens beëindig, 'n lewe wat op onbaat sugtige, onvervalste wyse aan Suid-Afrika gewy was. Daar was seker min leiers van volke wie se lewens só nou. met dié van hulle volke verknoop en ineengestrengel was soos die lewe van dr. Malan met dié van die volk van Suid-Afrika. Trouens, die loopbaan van dr. Malan gedurende die veertig jaar van sy aktiewe openbare lewe, 1914-1954, verteenwoordig in hoë mate die staatkundige en kulturele belewenis van die Afrikanervolk in dié tyd. In hierdie boek volg ons dr. Malan waar hy rustig en teruggetrek in die vrede van Môrewag op Stellenbosch, oor die lewe terugkyk. Ons volg hom waar hy begin skryf: oor sy vroeë politieke ervaringe, oor die jare van oorlog en rebellie, oor die oprigting van Die Burger. Ons lees voort tot waar hy by die laaste dramatiese slottonele kom: bondgenootskap en benwording, afskeid en vaarwel. In die tyd toe dr. Malan met die laaste hoofstukke besig was, was sy liggaamlike kragte nie meer wat dit vroeër was nie. Dit voel ons ook aan as ons hierdie laaste hoofstukke lees. Oor die groot dinge waarmee hy te doen gehad het, wei hy mic meer so breedvoerig uit nie. Ons kry die gevoel dat die werk nie met soveel besonderhede afsluit soos ons dit graag wou hê nie. Nietemin maak ons die boek toe met 'n gevoel van diepe dankbaarheid in ons harte: diepe dankbaarheid omdat die Here die groot, ware leier van ons volk gespaar het om ciebandig vir ons sy herinneringe in skrif vas te lê. In Afrikaner-Volkseenheid en My Ervarings op die Pad daarheen lees ons dr. Malan se eie woorde. Dit is woorde van wysheid, woorde van besieling. Daarmee sal dr. Malan, al is hy nie meer met ons nie, vir ons in ons staatkundige en kulturele toekoms, tot vérweg na vorentoe, nog altyd ware lig en leiding gee.