Huis van Gruwels My 16 jaar in die Springs-Hel as told to Susan Cilliers
Huis van Gruwels My 16 jaar in die Springs-Hel as told to Susan Cilliers (Afrikaans edition)
146pp.,Softcover, Lapa Uitgewers, Pretoria, 2019
Condition: Good This book is in a good condition. The wraps have some very slight/limited signs of wear and a slight curl to the corners and the bookblock is slightly dusty. The book’s pages are clean, intact and the corners and spine remains undamaged. This book has been well maintained and looked after thus far.
Yulandi, the oldest of five children, was rescued by police in 2014 from the house in Springs where they had been imprisoned and tortured for many years. Now 21-years-old, she tells her story to journalist Susan Cilliers. In 2018 her father was found guilty of attempted murder, rape, child abuse and neglect, using and dealing drugs, defeating and obstructing justice and sentenced to 67 years’ imprisonment, of which he must effectively serve 35 years. Her mother was given a five-year suspended jail term on charges of child neglect, defeating and obstructing justice, and drug possession.
Ek kniel op die voetstuk langs die bed en laat my kop sak. 'n Warm brandpyn skiet deur my hele gesig. Pa het my geskop. Bloed stroom deur my neus. Dan voel ek hoe koue water oor my hele lyf stort. Elektriese drade stuur skokke deur my, ek kan nie deur die bloed sien nie. Here, help my.
Landi is die oudste van vyf kinders wat uit die sogenaamde Springs-gruwelhuis gered is. Sy is nou 21 jaar oud en vertel vir die eerste keer haar verstommende verhaal. In Mei 2014 het die polisie die huis ontdek waar 'n sadistiese pa sy vrou en vyf kinders vir jare tussen vullis en rotte aangehou, getreiter en gemartel het.
In ysingwekkende besonderhede onthou Landi hoe hul pa hulle aangerand, met 'n skokstok geskok, met 'n gaspistool geskiet en met 'n blaasvlam gebrand het, hoe hy martelmetodes nagevors en hulle byna in 'n bad verdrink het. Sy vertel hierdie herinneringe aan Susan Cilliers, 'n ervare joernalis, wat dit met deernis weergee en dit vernuftig met die feite van die polisie-ondersoek en die hofsaak verweef.
Huis van gruwels is die skokverhaal van 'n pa wat op die wreedste manier denkbaar alles van sy gesin wegneem, maar ook 'n storie van hoop oor hoe 'n dapper jong vrou uiteindelik geluk en genesing vind.