Recce: Kleinspan-operasies agter vyandelike linies by Koos Stadler
Recce: Kleinspan-operasies agter vyandelike linies by Koos Stadler(Afrikaans)
Softcover, ISBN 9780624069416
Publisher: Tafelberg, 2015
Condition: Very Good +. This book is in very good condition. The wraps have some very slight/limited signs of wear and the book pages are clean, intact and the corners and spine remains undamaged. This book has clearly been well maintained and looked after thus far.
* Uit die aard van hul hoogs geheime werk heers groot geheimsinnigheid oor die Recce’s, maar nou het een van hulle – Koos Stadler – sy ervarings neergepen. Die boek bied ‘n onthullende blik op die lewe van ‘n Recce, op hul amper bomenslike fisieke vermoens en kameraderie. Verwag naelbyt-aksie en dramatiese verhale.
* Hulle is supersoldate wat hoogs geheime, lewensgevaarlike operasies diep in vyandelike gebiede aanpak... Die Recce's het nog altyd mense se verbeelding aangegryp, maar weens die sensitiewe aard van hul werk is daar min oor hierdie elite-eenhede van die Suid-Afrikaanse Weermag bekend. Nou vertel een van hulle van die naelbytaksie en dramatiese gebeure wat hy eerstehands in die Grensoorlog beleef het. Koos Stadler het in die vroeë 1980's die legendaries strawwe keuringsproses vir die Spesiale Magte geslaag. Kort daarna word hy deel van Kleinspanne, 'n gespesialiseerde groep wat slegs uit tweemanspanne bestaan het. Stadler en 'n makker word onder meer gestuur om treinspore in Angola te vernietig en op 'n ander keer om vyandelike vegvliegtuie op te blaas... Telkens staar hy die dood in die gesig. Die boek bied 'n onthullende blik op die lewe van 'n Recce en hul amper bomenslike fisieke en geestelike uithouvermoëns.