Op Kommando onder Kommandant Buys- My ondervindings tydens die Anglo-Boereoorlog - JG van den Heever
Op Kommando onder Kommandant Buys- My ondervindings tydens die Anglo-Boereoorlog - JG van den Heever
Gepubliseer deur: Bienedell Uitgewers, Pretoria in Junie 2001.
Hierdie is 'n herdruk van die 1944, Hardeband.
Toestand: Hierdie boek is steeds in 'n uitmuntende kondisie--byna soos nuut.
Die skrywer vertel van sy aandeel aan groot gevegte, treinontsporings en die gewone kattekwaad van penkoppe.
Kmdt. Buys se kommando het in Oos-Transvaal geveg.
Kmdt. Stephanus Bernardus Buys [Fanie] (*31.05.1852 Marico, Wes-Transvaal). Fanie het aan die 1880-1881 oorlog (eerste ABO) deelgeneem. Hy word toe veldkornet van die Heidelberg-Roodekoppen kommando in 1882.
In Oktober 1899 word hy met die Heidelberg kommando Natal toe gestuur waar hy in Feb. 1900 as waarnemende Kommandant aangestel is. Na Natal, was sy kommando Vrystaat toe en daarna na die verdediging van Pretoria het Fanie vir J.D. WEILBACH as Kommandant van die Heidelberg kommando opgevolg.
Hy was by Donkerhoek en Bergendal betrokke en is naby Machadodorp gewond. Fanie het herstel en hy was in die Vaalrivier gebied toe hy in die knie gewond is en moes dringende mediese hulp kry.
Hy was getroud met Catharina Johanna Susanna LABUSCHAGNE (sy was in 'n konsentrasiekamp) en hulle het 3 seuns gehad (die oudste is in Okt 1899 by Modderspruit dood) en 2 dogters die familie het omtrent 10 km van die Vaalrivier gewoon.