Die keer toe ek my naam vergeet het – F. A. Venter
The real value in this book is the fact that this legendary Author, renowned and highly respected in the Afrikaans Literary circles, the late F.A. Venter, has dedicated, dated and signed this very special book on the Title page(See attached pics)
Die keer toe ek my naam vergeet het – F. A. Venter(Afrikaans)
Description in Afrikaans
Tafelberg Uitgewers: ISBN 0 624 03291 4
Eerste uitgawe eerste druk 1995
Hardebandboek met mooi gekleurde voorblad, boek in nuwe toestand, blaaie lig vergeel. Algemene pragtige en skoon kondisie.
Omslagfoto: Annari van der Merwe
“Uit die donker spelonk van die siekte het ek die een talent wat die Here my gegee het, gedeeltelik oorgehou. En al gaan dit moeilik met so ‘n gekneusde talent, sal ek die wil om te skryf nooit verloor nie.”
So sê die bekende Afrikaanse skrywer F. A. Venter wanneer hy hom aan die einde van hierdie biografiese vertelling afvra wat vir hom oor-gebly het nadat siekte en dood verwoestend in sy lewe ingegryp het. Hy is op 15 September 1990, op die ouderdom van 73, getref deur ‘n beroerte wat hom deels verlam en in een weerligtende oomblik ook sy spraak ontneem het. Weke lank bevind hy hom in ‘n “verstarde droom” waar tyd nie bestaan nie.
Maar op ‘n dag herken hy ‘n spatsel kleur voor sy hospitaalbed as rose; eien hy sy mense een vir een. En op sy vrou se volgehoue vraag wie hy is, antwoord hy tot haar verstomming en vreugde: “Frans Venter, demmit!” Dit is die begin van ‘n lang en moeilike pad na gedeeltelike herstel. Met die hulp van terapeute leer hy van voor af alledaagse gebruiksgoed ken; kry hy sy halfdooie ledemate weer stadig aan die gang. Sy dom regterhand, wispelturige geheue en verswakte konsentrasie-vermoë maak dit vir hom moeilik om weer skeppend te skryf, maar hy klou vas aan die hoop dat dit beter sal gaan.
Ook wanneer hy by die beknopte leefruimte van ‘n versorgingsoord moet aanpas, en daar sy kosbaarste, sy “Oumens”, na ‘n lang lyding moet afgee, is dit sy innerlike krag en onvernietigbare geloof wat hom staande hou. En ‘n ongedempte sin vir humor — wat sy ervaring uitlig bo somber-heid en selfbejammering.
Die keer toe ek my naam vergeet het is skrynend eerlike en unieke vertelling oor die vermoë van die mens se gees om haas ondraaglike omstandighede te trotseer en sterker anderkant uit te kom. Dit is ook die triomf van ‘n skrywer wat die uiterste versperring oorkom het: die verlies van sy uitdrukkingsvermoë.