Veldslae: Anglo-Boereoorlog 1899-1902 by Wessels, Elria (Afrikaans text)

  • R395.00
    Unit price per 
Shipping calculated at checkout.


Veldslae: Anglo-Boereoorlog 1899-1902 by Wessels, Elria  (Afrikaans text)

Publisher: LAPA Publishers (Pty) Ltd, 2002 First Edition

Edition: Hardcover

Language: Afrikaans

ISBN is 9780799329063

*Veldslae: Anglo-Boereoorlog 1899 – 1902 – Elria Wessels

Op 12 Oktober 1899 om 22:45 die nag, vuur veldkornet J.C. Coetzee die eerste skoot af op die Britse gepantserde trein, Mosquito, net suid van Kraaipan. Dit is die sein waarvoor die verskuilde burgers langs die spoorlyn tussen Vryburg en Mafeking gewag het.

Binne enkele oornblikke weerklink die kleingeweervuur deur die nag, gevolg deur die aanhoudende vuurstrale uit die Engelse meksim op die trein. Die enkele knal uit vk. Coetzee se geweer was ook die inleiding tot die eerste veldslag van die Anglo-Boereoorlog…

In VELDSLAE lei Elria Wessels die leser van die een veldslag na die ander. Jy word as’t ware ‘n toeskouer van een van die aangrypendste gebeure in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Die duidelike kaarte en volledige lys van veldslae en skermutselings verhoog verder die waarde van die boek en maak dit ‘n met vir die rak van enige versamelaar.

*Elria Wessels – wat verantwoordelik was vir die hantering van die historiese teks Mag ons vergeet? van Elizabeth Neethling vir Onthou!, is ook ’n bekende in Bloemfontein en in geskiedeniskringe. Sy is in Dundee, Natal, gebore en het ’n meestersgraad in geskiedenis aan die Universiteit van die Vrystaat behaal.

Sy was sedert 1979 as vakkundige verbonde aan die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke, maar het intussen afgetree. Verskeie publikasies, soos onder meer Kwinkslag, Veldslag, They fought on foreign soil en Kraal Uitgewers se boek, Bannelinge in die Vreemde, het ook reeds uit haar pen verskyn.

Publikasies deur Elria Wessels:

• Kwinkslag: Humor in die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902
• Veldslae: Anglo-Boereoorlog, 1899-1902
• Woman, thy name is valour: An overview of the role of Afrikaner and uitlander women and children outside the Anglo Boer War concentration camps, 1899-1902
• Boerespyse: Resepte en kospraatjies rondom die Anglo-Boereoorlog
• Bannelinge in die vreemde


We Also Recommend

Shipping Address

Shipping Address

X