"Stemme" series by Karel Schoeman (3 books)
Highly Collectible - Uncommon to find all 3 First Editions together and in Mint condition.
"Stemme" series by Karel Schoeman (3 books)(Afrikaans text)
Let wel: Hierdie lewe (Stemme, #2) is eerste gepubliseer in 1993; daarna Die uur van die engel (Stemme, #3) in 1995, en laastens Verliesfontein (Stemme, #1) in 1998.
- Stemme 1 Verliesfontein.
Hardcover, ISBN 9780798138406
Publisher: Human & Rosseau, 1998 First Edition
Verliesfontein is die eerste roman in die drieluik Stemme wat begin is, en die laaste wat voltooi is. Net soos die ander twee titels, Hierdie lewe en Die uur van die engel, handel dit oor die Suid-Afrikaanse verlede, en meer spesifiek die verlede van die Afrikaner, soos beskryf in die woorde van diegene wat dit self ervaar het. Die sentrale gegewe in hierdie roman is die inval van die Vrystaatse kommando’s in die Kaapkolonie in die somer van 1900-1901, tydens die Anglo-Boereoorlog. Eerste aan die woord is ’n skrywer-verteller, ’n historikus in die hede op soek na ’n spesifieke dorpie in die Kaapkolonie wat tydens die Anglo-Boereoorlog deur ’n Vrystaatse kommando ingeval is. Die aanvanklike fokus van sy navorsing is die Kaapse rebel Giel Fourie, maar deur die herinneringe van drie karakters uit die verlede verskuif die fokus geleidelik na die bruin man Adam Balie wat deur die Boeremagte doodgeskiet is. Die drie “stemme” is dié van Alice, ’n Skotse meisie wie se pa die magistraat was, Kallie, die magistraatsklerk, en Miss Godby, die dokter se suster.
- Stemme 2 Hierdie Lewe
Hardcover, ISBN 9780798131636
Publisher: Human & Rousseau, 1993 First Edition.
Die Suid-Afrikaanse verlede word in hierdie boek as tema vir 'n roman gebruik, en die toneel is die Roggeveld, 'n streek wat tot dusver min aandag in die Suid-Afrikaanse letterkunde ontvang het.
In die verhaal van vier generasies van 'n enkele blanke boeregesin oor 'n tydperk van bykans 'n honderd jaar word die wese van die omwenteling weergegee wat in die loop van die 19e eeu op die Suid-Afrikaanse platteland en in die Afrikaner-sameleweing voltrek is.
- Stemme 3 Die Uur van die Engel (Very Scarce)
Hardcover, ISBN 0798133953
Publisher: Human & Rosseau, 1995 First Edition
Die uur van die engel is nie alleen die sluitstuk van Karel Schoeman se Stemme-drieluik nie, maar is ook een van die hoogtepunte van die Afrikaanse romankuns. Soos in Verliesfontein en Hierdie lewe is die stemme uit die “ander land” van die verlede skaars hoorbaar en nie besig om te vertel oor die groot en belangrike gebeurtenisse uit die geskiedenis nie.
Condition: Used – As new. This books are in mint condition. The covers have some very limited signs of wear but the the pages of all books are clean, intact and the spines remains undamaged. This books has clearly been well maintained and looked after thus far. The books is protected with Cellophane covers. Money back guarantee if you are not satisfied.