'n Oomblik in die wind - Andre P. Brink (Afrikaans)

  • R60.00
    Unit price per 
Shipping calculated at checkout.


'n Oomblik in die wind - Andre P. Brink (Afrikaans)

Toestand: Goed met ligte verweer
Formaat: Sagteband
Bladsye: 188
Uitgegee: 2005 Human & Rosseau
ISBN: 9780798126656

Die roman speel af tussen 1749 en 1751. Elisabeth vergesel haar eggenoot, Erik Alexis Larsson, en ‘n gids, ene Van Zyl, op ‘n ontdekkingsreis na die onherbergsame Kaapse binneland. Maar dan begin Van Zyl se drinkery, sy bakleiery en muitery. Op ‘n dag stap Erik Alexis die wildernis in, om nooit weer terug te keer nie.

Adam Mantoor, ‘n drosterslaaf, ontferm hom oor Elisabeth na die dood van die twee mans. Hy word haar beskermer in lewensgevaarlike omstandighede en hulle vertrek op die lang en gevaarlike tog terug Kaap toe. ‘n Verhouding ontstaan tussen die wit vrou en die trotse slaaf, en daar is ‘n ruk lank ‘n byna paradyslike bestaan in die wildernis.

Die reis terug lei deur die Karoo en word gekenmerk deur steeds groter ontbering, en Elisabeth beloof Adam om hom sy vryheid te help verkry.


We Also Recommend

Shipping Address

Shipping Address

X