Die opkoms en ondergang van die NG Kerk by Jean Oosthuizen
Die opkoms en ondergang van die NG Kerk by Jean Oosthuizen(Afrikaans Edition)
Softcover, ISBN 9781776093267
Publisher: Penguin books, 2018
Used - Fine. Afrikaans text. The wraps are a touch shelf rubbed and edge worn, the corners are a tad knocked. There are no inscriptions, and the pages within are crisp, clean and tightly bound.
In hierdie boek kyk Jean Oosthuizen krities na die NG Kerk se geskiedenis sedert Jan van Riebeeck se aankoms in die Kaap, tot waar die kerk vandag is. In sy bestaan van meer as 350 jaar het die NG Kerk en die Nasionale Party so verstrengel geraak dat die kerk as die Nasionale Party in gebed bekend gestaan het. Die teoloog Ferdinand Deist se voorspelling in die laat tagtigerjare dat die kerk sal ondergaan wanneer apartheid tot n einde kom, blyk vandag in die kol te wees. As instelling wat apartheid uit die Bybel geregverdig en verdedig het, het die kerk se vernietigende invloed nie alleen gemeenskappe in Suid-Afrika van mekaar vervreem nie ook lidmate wat kritiese vrae gestel het, is na die periferie geskuif. Talle individue se menswaardigheid is geskend en verskeie loopbane is onder die dekmantel van Christenskap vernietig, soos die skrywer self kan getuig. Oosthuizen se blik strek egter wyer as sy ervaring toe hy in 2013 as nuusredakteur van Kerkbode geskors is n die opspraakwekkende Woordfees-debakel. Sy reis vanuit die kerk se binnekring sluit die verhale in van gelowiges sowel as ongelowiges wie se paaie met die NG Kerk gekruis het. Die opkoms en ondergang van die NG Kerk bied n kontemporre blik op die tragiese geskiedenis van n instelling wat deur die aandadigheid aan verontregting stelselmatig irrelevant geraak het.