Die wat gewen het, Feite en Fabels van die bosoorlog - Jannie Geldenhuys (Afrikaans)

  • R295.00
    Unit price per 
Shipping calculated at checkout.


Die wat gewen het, Feite en Fabels van die bosoorlog - Jannie Geldenhuys (Afrikaans)

Toestand: Baie goed, met effense krul op hoekies en meegaande hanterings verweer. skutblad
Formaat: Sagteband
Bladsye: 338
Uitgegee: 2007 (Litera)
ISBN: 9781920188306

- Dié wat gewen het is ‘n splinternuwe uitgawe van die ou, gewilde Die wat wen van 1993.

Die inhoud is onveranderd, maar hierdie uitgawe bevat ‘n nuwe voorwoord en epiloog, sowel as omvattende indekse en ‘n naamlys van almal wat in diens van die Suid-Afrikaanse Weermag gesterf het. Teenoor hardnekkige fabels oor die bosoorlog stel Geldenhuys sy eerstehandse ervaring.

Dié wat gewen het is ‘n leesbare boek en onmisbare bron vir enigeen wat in die feite van die Koue Oorlog en Suid-Afrika se rol in Angola en Namibië belangstel.

- Dié wat gewen het is `n boeiende verslag van die A B C van oorlog en vrede in Suider-Afrika-" Angolans, Boers, Cubans; Aldana, Botha, Crocker". Dit vertel van verwoestende militêre operasies en luimige insidente, dreigemente en vredesonderhandelinge. Daarby bied dit insae in die komplekse wêreld waarbinne soldate hulle bevind, waarin jy soms nie weet" of jy `n Kubaan moet aangluur, of vir hom moet glimlag nie... of dalk `n traan saam met hom moet stort nie."


We Also Recommend

Shipping Address

Shipping Address

X