De la Rey: 'n Stryd vir Vryheid. Die Erwe van Ons Vaad're Nr. 3 by A.W.G. Raath
Limited Edition: Only 1000 of this Edition printed.
De la Rey: 'n Stryd vir Vryheid. Die Erwe van Ons Vaad're Nr. 3 by A.W.G. Raath
ISBN 9780620387637
Title De la Rey: 'n Stryd vir Vryheid. Die Erwe van Ons Vaad're Nr. 3
Author Raath, A. W. G.
Publisher Kraal-Uitgewers
Publication Date 2007 First Standard Edition
Pages 567
Format Hardcover
Language Afrikaans
Condition: Very Good/Fine. Standard edition. Wrapper and boards lightly shelf worn.
De la Rey ‘n Stryd vir Vryheid is die verhaal van ‘n merkwaardige Afrikaner. Jacobus Herculas de la Rey het tydens die Tweede Vryheidstryd ‘n toring van krag en geloofsmoed vir sy krygers gebly – nie net vir diegene saam met wie hy die stryd teen Britse imperialisme in die wordingsjare van die Boererepublieke gevoer het nie, maar ook onder diegene wat as buitelandse vrywilligers saam met hom te velde was. Die besondere rol wat genl. De la Rey in dre Anglo-Boereoorlog gespeel het, moes lankaLvolledig te boek gestel gewees het.
Prof Andries Raath en Kraal Uitgewers het die jaar waarin die Vierkleur (die vlag van die ZAR) 150 jaar oud sou wees, gesien as die jaar waarin ‘n gedenkboek oor genl. De la Rey moet verskyn. Dus, wanneer in 2007 hulde aan die vlag gebring word, is dit ook die geleentheid om aan hierdie groot leier uit die Wes-Transvaal hulde te bring. Die Fransman, veggeneraal De Villebois-Mareuil, het genl. De la Rey as innoverende en weldeurdagte Boeregeneraal bewonder, terwyl Max Weber, ‘n Switserse vrywilliger, hom as die leidende krag in die krygsgebied van die Wes-Transvaal beskou het. Ook in die raadsale van die we’reld het genl. De la Rey ‘n huishoudelike naam geword, omdat hy op verrassende wyse die westerse krygskultuur langs nuwe bane gestuur het. Te Modderrivier en Magersfontein aan die wesfront dien hy die Britse krygsroem vernederende nederlae toe deur van loopgraaftegnieke en “skeervuur” oor oop terrein gebruik te maak.
Volgens generaal-majoor sir Frederick Maurice was dit genl. De la Rey wat te Kroonstad die voorstel vir guerrilla-oorlogvoering deur aanwending van klein ruitergroepe teen Britse kolonnes gemaak het. Aan die Colesbergfront en in die Wes-Transvaalse krygsgebied het genl. De la Rey die gebruik van ruiterstormlope en skiet uit die saal op Britse kolonnes dermate vervolmaak dat hy die kroon op sy krygsloopbaan by Ysterspruit en Tweebosch deur hierdie tegniek kon span. Wanneer die Britse oormagte van lord Roberts te groot was, het genl. De la Rey se aanwending van “retirerende weerstand” die momentum van Britse krygsaanslae dermate vertraag dat die imperiale magte dikwels met moeite die inisiatief kon behou. Sedert die slag te Tweeriviere ontplooi genl. De la Rey sy voetgangerburgers voor die artillerie terwyl die burgers te perd agter die kanonne en in die sye van die vyand opereer waardeur hy die samewerking tussen sy berede magte, artillerie en in-fantene uiters effektief aanwend.
Die vreesloosheid waarmee genl. De la Rey die room van die imperiale magte aangedurf het, maak van hom ‘n onvergelykbare krygsman wat vir geen oormag gestuit het nie. Aan sy sy het sy geliefde eggenote, Nonnie, hom by-gestaan tot die bittereinde. Dis vir die outeur en alle medewerkers aan hierdie gedenkboek belangrik dat die leser sal besef dat hierdie ‘n eerlike poging is, beide ten opsigte van omvang en voorkoms, om perspektief te gee en hulde te bring aan ‘n groot veldheer wat as ‘n Bittereinder gestalte gegee het aan die herofese stryd van ‘n volk vir vryheid teen die vreemde onderdrukker.