Titaan: ’n roman oor die lewe van Michelangelo Buonarroti By Karel Schoeman
Titaan: ’n roman oor die lewe van Michelangelo Buonarroti By Karel Schoeman
Softcover
ISBN 9780798149952
Publisher: Human & Rousseau 2009
Used - Very Good. This book is in very good condition. The wraps have some slight/limited signs of wear and the pages are clean, intact and the spine remains undamaged. This book has clearly been well maintained and looked after thus far.
Karel Schoeman beeld in Titaandie lewe uit van ’n groot figuur in die Europese kultuurgeskiedenis, die skilder, beeldhouer en argitek Michelangelo Buonarroti, skepper onder andere van die beelde van Dawid en Moses, die Piëta, die muur- en plafonskilderinge in die Sixtynse Kapel en die koepel van die Pieterskerk in Rome. Op impressionistiese en oorsigtelike wyse beskryf Schoeman die lewe, denke en werk van ’n groot kunstenaar, teen die agtergrond van die stede Florence en Rome, brandpunte van die Italiaanse Renaissance, in ’n tyd van kerklike agteruitgang en politieke geweld, wat egter gepaard gegaan het met ongekende geestelike en materiële opbloei.“Met hierdie werk verbind Karel Schoeman die twee genres waartoe hy soveel belangrike bydraes in Afrikaans gelewer het, naamlik roman en historiografie, en slaag daarin om hulle op ’n bewonderenswaardige manier met mekaar te verenig.”