Meesterverhale van Eugene N. Marais - Uitgesoek deur Merwe Scholtz (Afrikaans)

  • R150.00
    Unit price per 
Shipping calculated at checkout.


Meesterverhale van Eugene N. Marais - Uitgesoek deur Merwe Scholtz (Afrikaans)

Hardcover, ISBN 9780798131926 (ISBN 10: 0798131926)
Human & Rousseau, 1994

Condition: Very Good+. This book is in an excellent condition. The DJ has only some very slight signs of wear and the pages are clean, intact and the spine remains perfect. Neat gift inscription on first page.This book has clearly been well maintained and looked after thus far. The book is protected with a Cellophane cover. 

Die digter, verteller en wetenskaplike Eugène Marais bly een van die boeiendste en raaiselagtigste figure in die Afrikaanse letterkunde. Vir elke leser wat sy pragtige gedig Winternag of die weergalose Dwaalstories ken, is hy die skrywer van welke wat jou lewenslank bybly.
Vir hierdie versameling het prof. Merwe Scholtz al Marias se korter verhale herlees en die beste en mees onderhoudende vertellinge uitgesoek. Meeste van die verhale wentel om die oplossing van raaisels. Baie van hulle is trouens speurverhale - speurverhale met 'n diepe insig in die mens se siel en die verband tussen menslike handelinge en die natuur. Die natuur gryp in, sê prof. Scholtz in sy nawoord, "soms as vriend, soms as vyand. Hy is soms handlanger van die bose... Maar meestal help die natuur die skurk aan die man bring."
'n Versameling wat ure se boeiende leesgenot sal verskaf aan almal wat reeds lief is vir Marais se werk, en ook 'n nuwe generasie sal bekoor deur treffende taalgebruik en herskepping van die gees van 'n vervloë era.



We Also Recommend

Shipping Address

Shipping Address

X