Langenhoven in Volkleur – Leon Rousseau (redigeerder) - Angus Mc Bride Illustrator

  • R220.00
    Unit price per 
Shipping calculated at checkout.


Langenhoven in Volkleur – Leon Rousseau (redigeerder) - Angus Mc Bride Illustrator (Afrikaans)
Format: A4 Hardeband met stofomslag
Publisher: 1983 ( 1 st edition first print, Tafelberg)
ISBN: 062401858X

Condition: Very Good+. This book is in an excellent condition. The DJ has only some very slight signs of wear and the pages are clean, intact and the spine remains perfect. This book has clearly been well maintained and looked after thus far. The book is protected with a Cellophane cover.

‘n Diverse versameling van Langenhoven se prosa, gedigte en spreuke, met kleurillustrasies deur Angus McBride.

UIttreksel uit Voorwoord:

Baie jare lank loop ek al rond met die gedagte van ‘n Langenhoven-huisboek of -volksboek: die beste van sy werk, met illustrasies in volle kleur. Ek het natuurlik, soos so baie duisende Afrikaanse kinders, grootgeword met die sestien bande van Langenhoven se Versamelde Werke in die huis.

As ‘n mens vandag deur daardie versamelde werke blaai of lees, word jy getref deur baie dinge wat jou nie as kind opgeval het nie. Eerstens sy veelsydigheid, wat wel verbasend is. Hy het omtrent elke moontlike genre beproef, met Loeloeraai die eerste SF-verhaal in Afrikaans en Donker Spore waarskynlik die eerste speurverhaal. Sy toneelstukke is puik, sy spookstories grieselig, party grusaam. Sy “folksy” stories soos Sonde met die Bure lees vandag nog lekker en is tereg beroemd.

Met Brolloks en Bittergal het hy twee onvergeetlike booswigte in ons kinderliteratuur geskep. Maar as ‘n mens dan al sestien bande moet deurploeg, soos Abraham H. de Vries dit op my versoek moes doen, besef jy ook hoeveel kaf daar by die korrels is. Dit sal my nie verbaas as menige Afrikaanse kind wat sonder leiding deur die Versamelde Werke probeer waad het, ‘n weersin in veral Afrikaanse boeke ontwikkel het nog voor sy voorgeskrewe werke dit op skool vir hom kon doen nie. En dan die tekeninge wat Langenhoven vir sy eie werk gemaak het. Mens kan alleen maar sê brrr.

My ideaal was dan om net die beste uit Langenhoven te sif, die taal en styl te hersien en dit alles in een groot, heerlike boek te bundel, saam met die mooiste tekeninge waarop jy jou hand kon lê. Aan lg. vereiste, dink ek, beantwoord Angus McBride se pragtige illustrasies in kleur, terwyl die seleksie, hoewel dit krities was, nie tot ‘n afskeperige bundeltjie gelei het nie.

Inteendeel: hier is wetenskapfiksie, speurverhaal, lekkerleesverhaal, kort prosa, kinderstories, spookstories, stigtelike geskrifte, toneelstukke (hulle tel onder Langenhoven se beste werk), slegs enkele gedigte (want wat hy ook al was, ‘n digter was hy nie) en natuurlik ‘n aantal van die beroemde spreuke.


We Also Recommend

Shipping Address

Shipping Address

X