Die Muur van die Pes - Andre P. Brink (Afrikaans)

  • R300.00
    Unit price per 
Shipping calculated at checkout.


Signed and dedicated by Andre Brink to Herman Giliomee. From the Collection of Herman Giliomee, the author of historical and political studies, former Professor of Political Studies at the University of Cape Town, President of the South African Institute of Race Relations and Extraordinary Professor of History at the Stellenbosch University.

Die Muur van die Pes - Andre P. Brink (Afrikaans)

Formaat: Hardeband met stofomslag
Bladsye: 355
Uitgegee: 1984 Human & Rousseau
ISBN: 079811696X

Condition: Very Good+. This book is in an excellent condition. The DJ has only some very slight signs of wear and the pages are clean, intact and the spine remains perfect. This book has clearly been well maintained and looked after thus far. The book is protected with a Cellophane cover. 

Een van die ergste vorms van die Swart Dood in die 14de eeu het sy slagoffers binne vyf dae uitgewis. Maar dat daar ander, subtiele, moderne en ewe dodelike vorme bestaan van die Pes wat in die donker wandel, ontdek die bruin Kaapse meisie Andrea Malgas gedurende die vyf dae wat sy na ‘n jarelange verblyf in Europa in Provence deurbring.

Sy staan tussen twee mans: Paul, die welvarende, middeljarige blanke esteet wat haar al die gerief en sekuriteit van ‘n lewe in Europa aanbied; en Mandla, die jong swart aktivis wat haar opnuut blootstel aan die gevaarlike teenwoordigheid van Afrika, waarvan sy haar so lank al vry gewaan het. Onder andere moet sy besluit of “vryheid” ook mag beteken dat jy kan klaarkom sonder die land, die samelewing, die mense wat jou gevorm het.

Op soek na lokaliteite vir Paul se film oor die Swart Dood kom Andrea en Mandla uit by die oorblyfsels van ‘n Muur van die Pes wat eeue gelede gebou is om die plaag te probeer keer. Vir haar is dit die kulminasie van al die baie mure waardeur sy in haar lewe voorgekeer is en wat mense apart van mekaar probeer hou: mure tussen ras en ras, tussen generasie en generasie, tussen man en vrou, tussen hede en herinnering, tussen werklikheid en droom, uiteindelik tussen lewe en dood.

Wat sy egter ontdek in die skokkende ontknoping van ‘n lewe, herleef in vyf dae, is nie iets negatiefs nie, maar die ontroerde besef dat mure ook afgebreek kan word. In die laaste instansie is dit die skrywer Paul wat in een van die oorspronklikste verteltegnieke wat nog in ‘n roman gebruik is, antwoord moet gee op die baie vrae wat die verhaal se opset bepaal. Wat daardie antwoord is, en of hy daarby uitkom, kan die leser eers aflei wanneer hy die hele sirkel van die roman voltooi het.

Die Muur van die Pes, wat in baie opsigte bedoelde tweeluik met Kennis van die aand vorm, is ‘n ryker en ryper werk as enigiets wat Andre P. Brink nog geskryf het.


We Also Recommend

Shipping Address

Shipping Address

X