Die Mannheim- Sage Part 1,2 and 3 by Lerina Erasmus
Brilliant.
Die Mannheim- Sage Part 1,2 and 3 (Afrikaans) by Lerina Erasmus
Softcover: Human and Rousseau
Used – Very Good +. The books are in very good condition. The wraps have some very slight/limited signs of wear but the pages are clean, intact and the spine remains undamaged. This books have clearly been well maintained and looked after thus far.
Die Mannheim-sage 1: Die Fortuinsoekers
Dis die goudstormloop van die 1880's. Hebsug, verraad en passie is aan die orde van die dag. Die sewentienjarige Deborah von Albein moet hul familieplaas in die Karoo verlaat en na die Goudstad verhuis. Dis hier, terwyl sy as hul gesin se broodwinner optree, waar sy moet kies tussen Kit Malloy, 'n ambisieuse dobbelsaloneienaar, en Karl Mannheim, die eksentrieke erfgenaam van die Mannheim-fortuin. Onvermydelike konfrontasies volg. En so begin die drieluik van ?Die Mannheim-sage? . . .
Die Goudkewers: Die Mannheim-sage 2
Johannesburg dreig om ’n spookdorp te word. Die myne is deurspek met piriet, en verder word die fondamente gelê vir die Anglo-Boereoorlog. Teen hierdie agtergrond speel die liefdesverhaal van Deborah Mannheim en Kit Malloy af. Kies Deborah haar liefde vir Kit, of eerder haar man, Karl, en die Mannheim-myne wat nou haar verantwoordelikheid is?
Die Mannheim-sage 3: Die Goudbaronne
In die finale deel van Die Mannheim-sage woed die spanninge tussen Deborah Mannheim, Karl Mannheim en Kit Malloy steeds. Deborah se verbittering teenoor haar man, Karl, vererger, en daarby word haar liefde vir Kit galsterig met die verloop van die jare. Weens sy onvermoë om sy vrou se liefde te herwin word die lewe vir Karl onuithoudbaar – soveel so dat hy dinge in sy eie hande neem. Maar ook Deborah en Kit dra letsels ná die Boereoorlog: Ten spyte van hul hunkering na mekaar, bly hul liefde onvervuld. Op die vooraand van die Eerste Wêreldoorlog ontmoet Kurt, Deborah se seun, vir Victoria, Kit se dogter. Hulle word verlief en is bereid om die besware van hul families teen te staan. Die spanning bereik ’n breekpunt wanneer hulle in ’n skermutseling in Europa vasval en hul liefde ’n duur prys verg . . .
Wat hou die toekoms vir die Mannheim- en Malloy-families in? En kan Deborah en Kit, dekades ná hulle die eerste keer ontmoet het, uiteindelik versoen raak in hul liefde vir mekaar?