Deur die oog van n naald by Matthews Phosa
Signed and Inscribed by the Author Mathews Phosa.
Deur die oog van n naald by Matthews Phosa
Hardcover, ISBN 9780624034995
Publisher: Tafelberg Uitgewers Beperk, 1996 First Edition.
Condition: Picture laminated boards in a Very Good+ condition.
"Dit bly vir my ironies - en soms was dit vir my pynlik ongemaklik - dat ek selfs in die moeilikste dae in Afrikaans gedig het, en my diepste pyn daarin verwoord het."
Sy gedigte is 'n snelskrif waardeur diep verskuilde gevoelens tot uiting kom: vernedering, woede, verset, triomf, en uiteindelik verootmoediging in gebed.
So skryf Mathews Phosa, spreker van nege tale, oor die taal waarin hy sy skoolopvoeding ontvang het, en wat hy as ‘n soort moedertaal in sy lewe beskou.
Sy digkuns is gelukkig nooit gesien as ‘n manier om “die taal van die onderdrukker” populêr te probeer maak nie. Poësie het ‘n manier om deur ideologiese versperrings te breek en harte te raak.
Vandag is Afrikaans saam met die ander inheemse tale bevry, en die digter doen ‘n beroep: “Kom ons oefen ons tonge los, sodat ons deur ons pragtige, rou, ritmiese tale die wonde van die verlede kan help genees.”
Vanweë sy druk politieke program bestempel Mathews Phosa homself as ‘n “sigaretdoos- en notulepapierdigter”. Agter op ‘n sigaretdoos staan gekrabbel: “. . . een man se vryheid is nie die ander man se enslavement nie … apartheid moet stop vir almal … wit apartheid is so sleg soos swart apartheid”.
Sy gedigte is ‘n snelskrif waardeur diep verskuilde gevoelens tot uiting kom: vernedering, woede, verset, triomf, en uiteindelik verootmoediging in gebed.”