Die Vrou in die Anglo-Boereoorlog – Pets Marais
Die Vrou in die Anglo-Boereoorlog – Pets Marais (Afrikaans)
Toestand: Baie goed
Formaat: Hardeband
Bladsye: 284
Uitgegee: 1999 (JP van der Walt)
ISBN: 9780799325362
Die twee Boererepublieke se stryd teen die magtige Brittanje was ‘n duur oorlog. Dit het die Britse belastingbetaler meer as 200 miljoen Britse pond gekos terwyl meer as 22 000 van hul sol-date gesterf het.
Die koste aan Boerekant was egter onmeetbaar hoër. Meer as 7 000 burgers het omgekom, maar die grootste verlies was die amper 28 000 vroue en kinders wat in die Britse konsentra-siekampe gesterf het. Saam met die 30 000 plaashuise wat afge-brand is en die ander aspekte van die verskroeideaardebeleid het dit verreikende gevolge gehad vir Afrikaanssprekendes wat betref die getallesamestelling van die bevolkingsgroepe in Suid-Afrika, asook hul ekonomiese en politieke ontwikkeling, tot van-dag toe.
Die saambindende en bemoedigende rol wat die vrou in hier-die donker tydperk gespeel het, was herdies. Sy het ‘n besliste aandeel aan die konflik en ‘n bemoedigende uitwerking op die vegtendes gehad.
Die rol van die Boerevrou in die Anglo-Boereoorlog mag nooit vergeet word nie.