Rebelspoor(Afrikaans) - L.J. Bothma Die aanloop, verloop en afloop van die Boereopstand van 1914-15
Rebelspoor(Afrikaans) - L.J. Bothma
Die aanloop, verloop en afloop van die Boereopstand van 1914-15
Formaat: Sagteband
Bladsye: 530
Uitgegee: 2014 1ste uitgawe, 1 ste druk - Dr. L.J. Bothma
ISBN: 9780620597159
Condition: Very Good - Almost like new.This book is in an excellent condition. The wraps have some very, very slight signs of wear and the pages are clean, intact and the spine remains perfect. This book has clearly been well maintained and looked after thus far.
Dit was die Afrikaner se donkerste uur toe die bittereinders van die Anglo-Boereoorlog mekaar twaalf jaar later die stryd aansê: Aan die een kant die regeringsmagte (Kakies) van premier Louis Botha en sy minister van verdediging, Jan Smuts — aan die ander kant die rebellekommando’ s (Boere) van kommandant-generaals Christiaan de Wet en Christiaan Beyers.
Na ‘n paar maande was alles verby. Die einde was bitterder as in 1902. De la Rey en Beyers was dood. De Wet, Kemp, Conroy, Wessels en duisende ander helde uit die Anglo-Boereoorlog was in die tronk. Jopie Fourie is op ‘n Sondagoggend, net voor Kersfees, gefusilleer. Manie Maritz het in selfopgelegde ballingskap die wêreld vol geswerf…
Hoe gebeur so ‘n tragedie? Wie is die skuldiges? Hoe kyk mens 100 jaar later daarna?
Louis Bothma, skrywer van beroemde boeke soos Die Buffel Struikel en Punt van die Swaard, het op die rebelspore gestap. Die resultaat is die eerste omvattende werk in 100 jaar oor die bisarre gebeure van 1914-15. Bothma gaan haal die storie by 1795 en trek dit deur tot by die nuwe Suid-Afrika van 1994. In die proses maak hy paradigma-skuiwe oor die geskiedenis.