Die Groot Trek Gedenkdagboek 1838-1988

  • R150.00
    Unit price per 
Shipping calculated at checkout.

Out of stock.


Die Groot Trek Gedenkdagboek 1838-1988

De Jager-HAUM

Eerste uitgawe eerste druk 1988

Hardebandboek met mooi gekleurde voorblad in 'n puik toestand.

Reeds op 4 Julie 1837 het Piet Retief ’n kommissie van vyf man uitgestuur om die bergpasse te ondersoek met die oog op ’n gangbare roete vir die trek na Natal oor die Drakensberg. Op 9 September kon hy aankondig dat ’n geskikte pas gevind is. 
Bron: 𝐷𝑖𝑒 𝐺𝑟𝑜𝑜𝑡 𝑇𝑟𝑒𝑘 𝐺𝑒𝑑𝑒𝑛𝑘𝑑𝑎𝑔𝑏𝑜𝑒𝑘, 1838–1988. 1987. Pretoria: De Jager-HAUM Uitgewers.

DIE Groot Trek, word dit genoem... duisende Boere van die Kaapse oosgrens wat met ossewaens die trekpad noordwaarts gekies het. Net die nodigste kon saamgeneem word. Baie wat vir hulle dierbaar was, moes hulle agterlaat. Oor berge en deur riviere het die wawiele geknars na wat sekere landsverhuisers romanties as die "Beloofde Land" beskou het.
Die werklikheid was dikwels veel minder romanties. Dit het selfs honderde se dood gekos. Maar hoeveel anders Suid-Afrika vandag sou gelyk het as daar geen Groot Trek was nie, kan geen mens hom werklik indink nie. Daarvoor lê die spore van hierdie ou pioniers eenvoudig te diep in ons geskiedenis ingegrif.

Soos ’n Afrikaner-geskiedkundige sê: "Alle Afrikaanssprekendes wat nog hul Afrikanerskap in ere hou, sal nie kan vergeet hoe hul volk sy eintlike beslag in die Groot Trek gekry het nie."
Die Groot Trek word saaklik beskryf as die georganiseerde verhuising van tussen tien- en twaalfduisend Afrikaners in die jare dertig van die 1800’s uit die oosgrensdistrikte van die destydse Kaapkolonie na die binneland. Hulle sou later die Voortrekkers genoem word.


We Also Recommend

Shipping Address

Shipping Address

X