Ralph Haynes-Godfather van die Wes-Rand by Izak du Plessis
Ralph Haynes-Godfather van die Wes-Rand by Izak du Plessis( Afrikaans text)
Softcover: ISBN 978 1776092734
Penguin house: 2018
Condition: Very Good +. This book is in very good condition. The wraps have some very slight/limited signs of wear and the pages are clean, intact and the corners and spine remains undamaged. This book has clearly been well maintained and looked after thus far.
Wat het geword van die Godfather van die Wes-Rand ...?. Bekendes soos Steve Hofmeyr het hom ’n vriend genoem. Vir die armes van Randfontein was hy ’n vrygewige Robin Hood wat groente en geld kom aflewer het.
Wat het geword van die Godfather van die Wes-Rand ...?. Bekendes soos Steve Hofmeyr het hom ’n vriend genoem. Vir die armes van Randfontein was hy ’n vrygewige Robin Hood wat groente en geld kom aflewer het. Vir sy vrou, Jacky, was hy agter toe deure die man wat minderwaardig gevoel het oor sy kunsbeen en omdat hy oorgewig was. Maar vir die meeste mense was hy die gevreesde Godfather van die Wes-Rand. Saam met sy ewe berugte vriende, Ferdi Barnard, Corrie Goosen en Dawie Lotter, het Ralph Haynes sy slagoffers behoorlik laat deurloop met die een verbysterende skelmstreek na die ander. Miljoene rande is uit mense geswendel met valse transaksies in goud, diamante, motors en selfs kookolie. Op 21 Januarie 2011 verdwyn Ralph Haynes egter spoorloos nadat hy saam met Frikkie Lutzkie in ’n helikopter geklim het. Vandag wonder almal steeds wat van hom geword het. Le hy dood iewers in ’n mynskag, of het hy die hasepad gekies terwyl aanklagte van bedrog en diefstal teen hom opgehoop het? Die antwoord op hierdie vrae is nie voor die hand liggend nie. Radiojoernalis Izak du Plessis het onderhoude met die mense naaste aan Ralph Haynes gevoer in sy ondersoek na die lewe en verdwyning van die enigmatiese en kleurryke figuur van die Suid-Afrikaanse onderwereld. Boeiende leesstof wat jou opnuut sal laat besef dat die waarheid beslis vreemder as fiksie is.