Omega, oor en uit-Die Storie van 'n opstandige Troep by Francois Verster
Omega, oor en uit-Die Storie van 'n opstandige Troep by Francois Verster
Uitgawe: Eerste uitgawe
Jaar: 2016
Uitgewers: Tafelberg
ISBN: 9780624072614
Kondisie: Sagteband in baie goeie toestand. Intern baie skoon en stewig gebind. Inskripsie op eerste Bladsy.
Van sy eerste dag as dienspligtige was Francois Verster in die sop danksy die “siekverveelde uitdrukking” op sy gesig en sy ingebore rebelsheid. Hy vertel op skreeusnaakse wyse van basiese opleiding en die lewe op Omega, waar hy skoolgee vir Boesman-kinders. Sy kostelike anekdotes word verweef met ’n tweede, ernstiger verhaallyn wat gaan oor sy latere lewe as ’n argivaris.