Kruger & Rhodes by VE d’Assonville
Kruger & Rhodes by VE d’Assonville
Toestand: Baie goed+.
Formaat: Sagteband A5
Uitgegee: 1999 (Marnix)
Bladsye: 82
ISBN: 9780620248099
Oorspronklik was die onderwerpe wat in hierdie boek behandel word, dertig praatjies wat oor Radio Pretoria in September en Oktober 1998 uitgesaai is. Die laaste, Die sterfbed van ‘n balling, is op 10 Oktober 1998 gelewer. Die inhoud wat toe vir die gehoor bedoel was, is nou in ‘n geskrif vir die Iesers verwerk.
Met die oog op die Boere-Afrikanervolk se 100-jarige fees van die Anglo-Boereoorlog (1899-1902), is die hele Jameson-inval en die sameswerings van die Johannesburgse Reform Committee uiters belangrik. Niemand minder as generaal JC Smuts het in 1906 verklaar:
The Jameson Raid was the real declaration of war in the Great Anglo-Boer conflict (Thomas Pakenham in The Boer War, 1979, p.9).
Na 100 jaar besef ons dit alte goed.