Die Fortifikasie van Pretoria Fort Klapperkop Gister en Vandag/The Fortification of Pretoria Fort Klapperkop Yesterday and Today 1968 by Ploeger, Jan ; Botha, H.J.(Afrikaans and English publication)

  • R695.00
    Unit price per 
Shipping calculated at checkout.


Very Scarce!

Signed and dated by J.J Fouche, the son of the late President Jacobus Fouche, President of South Africa.

Die Fortifikasie van Pretoria Fort Klapperkop Gister en Vandag/The Fortification of Pretoria Fort Klapperkop Yesterday and today 1968 by  Ploeger, Jan ; Botha, H.J.(Afrikaans and English publication upside down - see attached pics))

Published by Staatsdrukker, Pretoria, 1968

Condition: Very Good This book is in an excellent condition. The brown imitation leather covers with gilt emblem and titling have some very slight signs of wear and the pages are clean, intact and the spine remains perfect. This book has clearly been well maintained and looked after thus far. 

Inligting oor die militêre fortifikasies van Pretoria is beperk. Daarom is dit nodig dat argeologiese navorsing op die terreine van die fortifikasies gedoen word. Alvorens dit kon plaasvind moes die agtergrondsgeskiedenis van die Britse fortifikasies uit die twee Anglo-Boereoorloë, sowel as van die vier Boereforte van die Tweede Anglo-Boereoorlog, nagevors word. Hierdie artikel is slegs 'n oorsig van die belangrikste feite wat tydens navorsing in die verband aan die lig gekom het.

Inligting oor die militêre fortifikasies van die twee Anglo-Boereoorloë rondom Pretoria is baie beperk. Dit is veral waar wat die fortifikasies van die Tweede Anglo-Boereoorlog aanbetref. Dit is slegs die werk van Ploeger en Botha (hierdie boek) wat van redelike groot omvang is. Hierdie werk lê egter klem op Fort Klapperkop, sodat weinig aandag aan ander fortifikasies gegee word, trouens, dit gee slegs 'n kort oorsig van die ander drie Boereforte. Geen ander werk handel oor die Britse fortifikasies uit die oorlog nie. Ander literatuur wat oor die Tweede Anglo-Boereoorlog handel, meld slegs die fortifikasies of sluit dit geheel en al uit. Die rede hiervoor is die oënskynlik onbelangrike rol wat die fortifikasies tydens die oorlog vervul het.

Werke wat oor die Eerste Anglo-Boereoorlog handel, het meer inligting oor die tydgenootlike fortifikasies gehad. Dit is veral werke van Lady Bellairs, J E H Grobler en J Nixon wat inligting hieroor beskik. Baie inligting het egter steeds kortgekom.

Inligting is ook in koerante en tydskrifte, sowel as ongepubliseerde brokkies inligting uit verskeie oorde, opgespoor. Hierdie inligting was dikwels weinig meer as die reeds bekende feite. Waardevolle inligting is van foto's, kaarte en argivale dokumente verkry. Tog moet dit genoem word dat argivale inligting oor die fortifikasies van Pretoria baie beperk is.


We Also Recommend

Shipping Address

Shipping Address

X