Rooiplaas! 1 Valskermbataljon by Renier du Toit, Ronnie Claassen

  • R300.00
    Unit price per 
Shipping calculated at checkout.


Rooiplaas! 1 Valskermbataljon by Renier du Toit, Ronnie Claassen (Afrikaans)

Softcover: ISBN 978 1 920654 70 2

Naledi Publishers: 2015 first edition

Used - Very Good. This book is in very good condition. The wraps have some slight/limited signs of wear and curl to corners but the pages are clean, intact and the spine remains undamaged. Gift inscription on the third page.This book has clearly been well maintained and looked after thus far.

Wêreldwyd is valskermsoldate van die room van enige weermag. Dit is ook waar van Suid-Afrika se 1 Valskermbataljon.

Die bekende maroen baret en die vleuels met die valskerm op die bors van hierdie soldate, het aan hulle ‘n onderskeibare identiteit en status verleen. Die eerste Suid-Afrikaanse valskermsoldate is in 1960 in Brittanje opgelei. Daarna is die eerste valskermeenheid in die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Weermag in die lewe geroep.

Rooiplaas in Bloemfontein sou ‘n deurslaggewende rol in die opleiding van valskermsoldate en valskermpakkers vir die Weermag speel. Rooiplaas se valskermsoldate — parabats in die volksmond — het ‘n beduidende rol in die 23-jarige Grensoorlog gespeel. 1 Valskermbataljon het in alle operasionele gebiede en tipe operasies van die SAW deelneem. Die soldate van hierdie spogeenheid was by ‘n paar geleenthede die eerste Suid-Afrikaanse soldate op die toneel of die soldate wat die operasie uitgevoer het.

Rooiplaas! is die kroniek van die ontstaan en ontwikkeling van hierdie trotse eenheid van die SAW. Dit vertel van die sweet en trots — en onvermydelik die bloed — van ‘n gevegseenheid wat ‘n uitsonderlike plek in die jongste militêre geskiedenis van Suid-Afrika inneem. In Rooiplaas! vertel die parabats hul unieke stories en gee aan die leser ‘n blik op hul opleiding as valskermsoldate en op die operasies waaraan hierdie uitsonderlike soldate van 1 Valskermbataljon deelgeneem het.

Die parabats hou van sing en ‘n versameling van hul liedere word as bonus by Rooiplaas! ingesluit.


We Also Recommend

Shipping Address

Shipping Address

X