Gys Niemand-reeks Series - Chanette Paul 5 primary works • 5 total works (Afrikaans)
Gys Niemand-reeks Series - Chanette Paul
5 primary works • 5 total works (Afrikaans)
ONLY SOLD AS A COMPLETE SERIES AND NOT SEPARATELY
Condition: Good - Very good. This books are in very good condition. The wraps have some very slight/limited signs of wear and a slight curl to the corners and the book blocks are slightly dusty. The book’s pages are clean, intact and the spine remains undamaged. This books have been well maintained and looked after thus far.
Springgety
by Chanette Paul
Wie besluit oor lewe en dood op Kruisbaai?
Springklip, die krans wat oor die gulsige see by Kruisbaai troon, is ʼn plek waar die dood tasbaar na siele vra.
Lily Reynecke het skaars haar tante, Maja, se voetspore na Kruisbaai gevolg toe Springklip nog ʼn slagoffer eis. Wat gespring het. Of gestamp is. Wie op Kruisbaai eien hom die reg toe om te besluit oor lewe en dood? Dalk Lily self? In een van haar vergeettye? Kassie? Of is dit dalk Ben? Groot Ben. Beneukte Ben. Aantreklike Ben.
Wat ís dit aan Kruisbaai wat maak dat dese en gene hulle so verlustig in ongeoorloofde vleeslikheid? Die Visvrou se vloek? Annie Niemand se postume wraak? Gerbrand Niemand se werkinge uit die hel? Of maar net die eensaamheid van ’n afgesonderde plekkie waar die maan en wind massas water hierdie kant toe stoot en dan daardie kant toe sleep.
Fortuin
by Chanette Paul
...iets is dodeliker as die slang in die paradys...
Fortuin is Chanette Paul se tweede spanningsroman in die Gys-Niemand-reeks. Reeds met Springgety wat in Oktober 2007 verskyn het, begin sy om ’n belangrike leemte in die spanningsgenre te vul. Met Fortuin voer sy haar ontdekkingsreis verder.
Is Eva van Eden ’n heks of ’n engel, Paradyskloof die voorpoorte van die hemel of ’n onheilsnes? Dis wat joernalis, Xanthe Tredoux, moet gaan uitvind in opdrag van Tuisfront se redakteur. Waarom hy háár stuur, is vir haar duister, want hy weet sy het die kluts vyf jaar gelede kwyt geraak en dit nog nie weer gevind nie.
Boheem
by Chanette Paul
Onskuld word nie maklik bewys nie ... veral nie 'n tweede maal nie
Boheem is die derde spanningsroman uit Chanette Paul se pen en haar 32ste boek. Nog ʼn moord word in die Niemandsdorp omgewing gepleeg, dié keer in die kunstenaarskolonie, Bohemia. Speurders Gys Niemand en Faantjie Fortuin moet weer agter die kap van die byl probeer kom, maar die keer is daar ʼn hele paar komplikasies.
Katrien Bresselaar is dalk voor die reg vrygespreek van die moord op haar man, maar niemand het haar onskuldig bevind nie. En as sy een keer die sneller kon trek en daarmee kon wegkom, sal sy seker nie skroom om weer te moor nie?
Nie dat Katrien, nou bekend as Kayla Cilliers, by Rose-Anne Lockwood se dood sou baat nie. Dié befaamde moordverhaalskrywer is juis haar mentor. Maar dis Kayla wat die lyk ontdek en dis haar vingerafdruk op die moordwapen.
Meetsnoer
by Chanette Paul
Een en twintig uitverkorenes van die Meetsnoer Tempel sal op 20 Oktober 2010 weggeraap word. Dit sal die begin wees van die einddae van die aarde en die verskrikking wat daarmee gepaardgaan.
Voor die wegraping egter kan plaasvind, moet die apokaliptiese sluier gelig word. Profeet Sias moet neerskryf wat aan hom geopenbaar word en dit kan net net op die nuwe Eden gebeur.
Toe Raine Quine Fluisterbos koop, weet sy nie sy ry Sias se heilige taak in die wiele nie. En nog minder van Flint Fletcher se obsessie oor die klein stukkie oerbos. Sy kon ook nie voorsien dat een van die Meetsnoer-lidmate die nag van haar aankoms op Fluisterbos vermoor sou word nie.
Raine twyfel of die aarde se einde werklik in sig is, maar besef kort voor lank, haar eie is dalk wel.
Soos in Springgety, Fortuin, en Boheem, moet inspekteur Gys Niemand en Fortuintjie weer hulle speurvernuf inspan, die keer ondanks teenkanting in eie geledere.
Dryfhout
by Chanette Paul
Die vloek wat Annie Niemand oor haar nasate uitgespreek het, is bloot legende. Of is dit?
Min wetende van wat op haar wag, neem Aengel Rousseau haar intrek in Kieranghut, in een van sewe gerestoureerde vissershuisies. Haar hele lewe deur moes Aengel hoor dat sy onbesonne is – iets wat beslis nie by die ryk Rousseaus se status en beeld pas nie. Ter wille van haar dogter, Lika, het Aengel haar suster Gabrielle en dié se man, Francois, se inmengery en voorskriftelikheid verduur. Maar noudat Lika klaar met matriek en in Frankryk is vir ’n gap-jaar, het Aengel genoeg gehad. Sy wil haar eie lewe lei. Sy wil rustig die dagboeke van haar voorouer Angelique d’Avignon lees. Aengel het egter skaars op Kierangbaai haar intrek geneem, of sy ontdek iets grusaams.
Een na die ander word Kierangbaai se inwoners vermoor. Roark, eienaar van Kierangbaai, sien alles raak wat op Kierangbaai gebeur. Aengel ontglip nie sy aandag nie. Sy is volgens hom “verloklik genoeg om ’n sugar daddy te hê”, met “rondings waar dit nodig is – suid en noord van die dun middeltjie” en ’n agterstewetjie wat g’n man sal koud laat nie. Maar die pièce de résistance is haar strawberry-blonde hare wat “kronkel en krul tot op haar stuitjie”. Die vonke spat vinnig tussen Roark en Aengel, want die aantrekkingskrag tussen hulle is sterk.
Maar die wantroue loop net so sterk.
Amptelik is adjudantoffisier Gys Niemand met verlof, maar ’n tekort aan personeel dwing hom om die saak te neem. Die verdagtes word vinnig meer soos Gys begin uitvis, en boonop is die eerste slagoffer Faantjie se niggie. Faan, wat nou kriminologie studeer, meld hom ongevraag aan om met die ondersoek te help. Gys en Faan smee vir oulaas kragte saam om die moordenaar vas te trek, en sodoende ook die legende van die visvrou van Kruisbaai, wat soos ’n goue draad deur al vyf boeke loop, op te los.
'n Romantiese spanningsroman met 'n paar vurige liefestonele.
Die boeke het sterk vroue-hoofkarakters en in albei speel die romantiese verhaallyn ’n groot rol.
Die Gys-reeks bestaan uit: Springgety; Fortuin 'n romantiese spanningsroman;Boheem; Meetsnoer, Dryfhout.