{"title":"1902 (May 31): Treaty of Vereeniging","description":"\u003cp\u003e\u003ca class=\"gm-target js-no-transition\" title=\"1902 (May 31): Treaty of Vereeniging\"\u003e\u003cspan class=\"gm-text\"\u003e1902 (May 31): Treaty of Vereeniging\u003c\/span\u003e\u003c\/a\u003e\u003c\/p\u003e","products":[{"product_id":"die-vredes-onderhandelinge-by-kestell-j-d-rev-and-van-velden-d-e","title":"Die Vredes-onderhandelinge by Kestell J.D. Rev and van Velden D.E.(Afrikaans)","description":"\u003cp\u003eDie Vredes-onderhandelinge by Kestell J.D. Rev and van Velden D.E.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e...tussen die regerings van twee Suid-Afrikaanse Republieke en die verteenwoordigers van die Britse regering wat uitgeloop het op die vrede wat op 31 Mei 1902 op Vereeniging gesluit is.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan\u003eHardcover, ISBN 9780798113151\u003c\/span\u003e\u003cbr\u003e\u003cspan\u003ePublisher: Human \u0026amp; Rousseau, 1982\u003c\/span\u003e\u003cbr\u003e\u003cspan\u003eUsed - Very Good +. DJ has some very slight edge wear and tear but the book is in Mint condition. Protected with a fresh Cellophane cover.\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e“Ons staan hier by die graf van die twee Republieke. Laat ons God bid om ons te lei en ons te wys hoe ons ons volk bymekaar moet hou. Met hierdie woorde wil ek offisieel afskeid neem van u, onse geagte kommandant-generaal, generaal De Wet, lede van albei Uitvoerende Rade en die afgevaardigdes.”\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eOp hierdie wyse het S. W. Burger, waarnemende staats-president van die Zuid-Afrikaansche Republiek, op 31 Mei 1902 die Vredesonderhandelinge op Vereeniging afgesluit en daarmee ‘n einde gemaak aan ‘n tydvak in die Suid-Afrikaanse geskiedenis.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eIn Die Vredesonderhandelinge, wat nou vir die eerste keer in Afrikaans verskyn, word die volledige notule van die samesprekings wat tot hierdie gebeurtenis gelei het, gepubliseer. Die sielewroeging, diepe selfondersoek en pynigende kommer oor die toekoms van die Boerevolk wat die onderhandelinge op Klerksdorp, Vereeniging en in Pretoria gekenmerk het, het behoue gebly in Fred le Roux se vertaling van die aangrypende oorspronklike teks, wat in 1909 in Nederlands gepubliseer is.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDie leser leef hom in in die gewetenstryd wat die Boere-afgevaardigdes moes deurmaak voordat hulle tot die onontwykbare besluit gekom het: Die oorlog was verlore; daar was geen hoop om voort te gaan nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eBenewens die notule van die Vredesonderhandelinge bevat die boek ook al die korrespondensie en al die amptelike dokumente wat daarop betrekking het – telkens onveranderd in die taal waarin die oorspronklike geskryf is. Daar is ook foto’s van die hooffigure en illustrasies van sommige van die dokumente.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDie Vredesonderhandelinge is ‘n outentieke weergawe van alles wat tydens die Onderhandelinge gesê is. As sodanig is dit ‘n unieke dokument oor een van die belangrikste gebeurtenisse in ons geskiedenis en moet dit besit en gelees word deur almal vir wie die veelbewoë verlede van ons land na aan die hart lê.\u003c\/p\u003e","brand":"Human \u0026 Rousseau","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":40140805865622,"sku":"Die Vredes-onderhandelinge","price":320.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0458\/5524\/4438\/products\/20210624_142255.jpg?v=1624540772"},{"product_id":"vereeniging-die-onvoltooide-vrede-by-wessels-leon","title":"Vereeniging: Die Onvoltooide Vrede by Wessels, Leon","description":"\u003cp\u003eVereeniging: Die Onvoltooide Vrede by Wessels, Leon (Afrikaans)\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan\u003eHardcover\u003c\/span\u003e\u003cbr\u003e\u003cspan\u003eISBN 9781415201213 \/ 1415201218\u003c\/span\u003e\u003cbr\u003e\u003cspan\u003ePublisher: Umuzi , 2010\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eCondition: Very Good +. This book is in very good condition. The wraps have some very slight\/limited signs of wear and the book pages are clean, intact and the corners and spine remains undamaged. This book has clearly been well maintained and looked after thus far.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan\u003e\u003c\/span\u003e“Dit was die begin van die einde van die ou orde: ons het nie geweet wat aangaan nie en kon nie meer sonder die ystervuis van die veiligheidsmagte regeer nie.” So sê Leon Wessels, gewese adjunkminister in PW Botha se Staatsveiligheidsraad.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDit is dieselfde Wessels wat onlangs uitgetree het as menseregtekommisaris van demokratiese Suid-Afrika. Hy loop hier sy persoonlike reis na, van jong berede polisieman tot grondwetskrywer tot pleitbesorger vir menswaardigheid. In dieselfde asem vertel hy van die groter reis wat Suid-Afrika afgelê het, van die Vrede van Vereeniging in 1902 tot by die ondertekening van die nuwe Grondwet in 1996, op aandrang van Nelson Mandela in dieselfde dorp.\u003c\/p\u003e","brand":"Umuzi","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":44853938716975,"sku":"Vereeniging: Die Onvoltooide Vrede by Wessels, Leon","price":180.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0458\/5524\/4438\/products\/20230404_193603.jpg?v=1681141262"}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0458\/5524\/4438\/collections\/Web_background4_900x_a5cf99a9-c2ec-4a60-8729-da450a7af1a4.png?v=1772720804","url":"https:\/\/timeless-collectible-books.com\/collections\/1902-may-31-treaty-of-vereeniging.oembed","provider":"Timeless Collectible Books","version":"1.0","type":"link"}